Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 31 MAART 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met die nuus van 'n stil sleutel

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat die sleutel van Peter Scott, ZS1KW op 28 Februarie 2019 stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou, Glenda, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SARL 80 M QSO GESELLIGHEID

SARL BEPLAN TWEE ADDISIONELE BHF BAKENS

en

SARL HAMNET OOS-KAAP ASSISTEER DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL 80 M QSO GESELLIGHEID

Die eerste been van die SARL 80 m QSO-geselligheid party vind plaas op Donderdag 4 April 2019 vanaf 17:00 tot 20:00 UTC met foon aktiwiteit tussen 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz. Let asseblief daarop dat die segment 3 651 tot 3 699.99 kHz kompetisie-vry is. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag en jou naam. 'n QSO met 'n stasie in Suid-Afrika tel 10 punte en 'n QSO met 'n stasie buite Suid-Afrika tel 15 punte. Logstate in MS Excel-formaat ALEEN moet teen 11 April 2019 per e-pos aan louis.zs5lp@gmail.com ingedien word. Let asseblief daarop dat die e-posadres in die Blouboek verkeerd is. Die logstaat is beskikbaar op die Contest bladsy op die Liga-webblad.

BESPREKING VIR DIE DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

Daar is nog negentien sitplekke beskikbaar vir die SARL-toekenningsdinee op Saterdagaand 13 April by die Devondale Gholflandgoed. Besprekings vir die Dinee sluit vanaand, 31 Maart 2019, om middernag.

Registrasie vir die SARL Onsluit Amateur Radio Tegnologie Simposium is nog steeds oop tot Vrydag 5 April. Jy kan jou registrasie- en volmag-vorms vir die algemene jaarvergadering in stuur. Kan die bywoning rekord van 2018 verbeter word deur die amateurs in die Wes-Kaap?

SARL BEPLAN TWEE ADDISIONELE BHF BAKENS

Oor die afgelope paar maande is die Baken-werkgroep betrokke by die saam stel van 'n voorstel vir twee bykomende bakens wat gebruik word vir voortplantings studies. Een baken word ontplooi naby Bethlehem in die Vrystaat en 'n tweede baken iewers in die middel van die land, ewewydig van die Wes-Kaap en Gauteng wat die twee sentrums van die aktiwiteit op die BHF en hoër-bande is. Die werkgroep het besluit om voort te gaan en die nodige toerusting vir die bakens te verkry en die baken by Bethlehem eerste op te stel en hierdie lokaal as die toets terrein te gebruik terwyl daar gepoog word om 'n lokaal in die sentrale Karoo te verkry. 'n Plek is in die Karoo geïdentifiseer en die werkgroep is nou besig om 'n voorstel saam te stel om na die eienaar van die lokaal te neem.

Die werkgroep bespreek ook BHF-voortplanting en -voorspelling oor die binneland. Langs die kus is daar die Hepburn-kaarte, maar hierdie kaarte help nie regtig vir die binneland nie, of so word dit geglo. Oor die afgelope maande is daar interessante korrelasies gemaak tussen die werklike voortplanting ervaar en wat deur die verskillende voorspellings modelle voorspel word. Dit blyk dat die Hepburn-kaarte 'n aanduiding gee van moontlike band openinge in die binneland. Nog belangriker is egter die korrelasies tussen die werklike voortplanting en sommige van die weervoorspellings modelle wat beskikbaar is. Verwag om hieroor meer te hoor by een van die komende VHF/UHF en Mikrogolf werks winkels en by die SARL Ontsluit Amateur Radio Tegnologie simposium op Stellenbosch op 12 April. Moet nie wag nie, bespreek nou terwyl jy steeds voordeel kan trek uit die SARL-gesubsidieerde bywoning fooi. Besonderhede op www.sarl.org.za

As jy deel wil wees van die BHF-werkgroep, stuur jou Skype-naam na vhfnews@sarl.org.za en jy sal by die vergaderings ingesluit word.

TWEE KOMPETISIES VOLGENDE NAWEEK

Die eerste RaDAR Uitdaging vir 2019 vind plaas op Saterdag 6 April van 00:00 UTC tot 23:59 UTC. Elke RaDAR-operateur definieer sy/haar eie bedryf tyd skedule. Dit is aan elke individu om sy/haar maksimum, enkele periode, vier uur opsie te beplan en oorweeg die voortplanting met die uiteindelike doel van interkontinentale RaDAR tot RaDAR kommunikasie in gedagte. Deel jou planne saam met ander om tye te koördineer. Alle amateur bande word toegelaat, insluitende kruisband kontakte via amateur radio-satelliete en gelykgolf, ESB, FM of enige wettige amateur radio digitale modus. Die uitdaging is nie 'n "kompetisie" as sodanig nie, dit is 'n individuele uitdaging. Kry al die inligting op bladsy 30 van die 2019 Blouboek.

Die eerste been van die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie sal vanaf 10:00 UTC op Saterdag 6 April 2019 tot 10:00 UTC op Sondag 7 April 2019 gehou word met aktiwiteite op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër soos per die band plan. Deelname kan wees as 'n enkele operateur, 'n multi-operateur, 'n draagbare/veldstasie of 'n beperkte 4 uur-stasie. Die uitruiling is 'n RST- of RSQ-verslag en die ses-syfer Maidenhead ruit vierkant van die stasie. Kry al die inligting op bladsy 51 van die 2019 Blouboek.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

SARL HAMNET OOS-KAAP ASSISTEER DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA MET HUL NASIONALE OPLEIDINGS VERGADERING 2019.

Die Bergklub van Suid-Afrika bied elke twee jaar 'n nasionale opleidings byeenkoms, wat rondom die land geroteer word en deur verskeie MCSA-afdelings aangebied word. Vanjaar is die geleentheid deur die Oos-Kaapse afdeling aangebied. Dit is in die Baviaanskloof gehou en het van Woensdag 20 Maart tot Sondag 24 Maart gehou. Kudu Khaya was die basis van bedrywighede en het 'n goeie plek vir die GOS gebied. Andrew Gray, ZS2G, Direkteur SARL Hamnet Oos-Kaap, het die taak gekry om die MCSA-lede in kontak te hou met die OS. Andrew het 'n klein span saamgestel wat bestaan uit homself, Gert, ZS2GS, Colin, ZR2CRS en Jimmy, ZS2JIM, Glen, ZS2GV, Tony Allen, ZR2TX en Dave Higgs, ZS2DH.

SARL Hamnet Oos-Kaap het 'n draagbare UHF-herhaler by Bergplaas in die Baviaanskloof ontplooi. Kruisband herhalers is ontplooi om die individu te koppel, die spanne het op 'n rotasie basis deur 3 scenario's, een per dag, gewerk. Die spanne is uitgereik met radios met beide die MCSA S&R frekwensie en 'n amateur BHF frekwensie rugsteun kanaal. Elkeen van die spanne het 'n radio amateur in die span gehad.

Colin, ZR2CRS en Jimmy, ZS2JIM het die GOS beman - en nie net vanuit 'n radio-perspektief nie, maar ook logisties. Dit sluit die in en uit teken van lede, sowel as die uitreiking en ontvangs van toerusting en radio's vir die spanne. SARL Hamnet is Saterdagaand in die sluitings toesprake bedank en die waardering van elke spanleier en die gebeurtenis bestuurspan is ook opgemerk. 'n Werk goed gedoen! 'n Volledige verslag sal in die May Radio ZS verskyn.

DIE UITSLAE VAN DIE EERSTE WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP

Die kompetisie komitee het 43 logstate ontvang vir die eerste been van die SARL 80 m Klub Naelloop, 42 logstate is teen die sluitingsdatum ingedien. Elf (11) klubs word in die uitslae verteenwoordig.

1ste Boland ARK - 474 punte (10 logstate) 2de Wesrand ARK - 435 punte (8 logstate) 3de Bo-Karoo ARK - 320 punte (6 logstate) 4de Highway-ARK - 285 punte (6 logstate)

Die volledige stel uitslae is te vinde in HF Happenings 840. Die tweede been van die SARL 80 m Klub Naelloop vind plaas op Woensdag 15 Mei 2019 en nee, ons het geen beheer oor voortplanting nie!

LIDMAATSKAP AANSOEK

Die SARL het lidmaatskap aansoeke ontvang van Robert Hill, ZSL1200 en die Mooirivier Amateurradioklub, ZS6MOI. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die Liga-sekretaris bereik voor die Woensdag na hierdie bulletin. Stuur asseblief jou besware aan secretary@sarl.org.za

PRETORIA AMATEUR RADIOKLUB SNUFFELMARK

6 April 2019 Pretoria Amateur Radio Klub hou hul volgende Snuffelmark op Saterdag 6 April 2019, by hul gebruiklike plek by Pretoria Ou-Motorklub in Keuning Straat, Silverton. Dit begin om 10:00 en die hekke sal om 09:30 vir verkopers open. Ons bekende boerewors rolle en drankies sal beskikbaar wees. Kom en geniet die oggend saam met ons. Vir verdere inligting of om 'n tafel te bespreek, kontak Almero du Pisani ZS6LDP op 083 938 8955 of stuur 'n e-pos aan almero@up.ac.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die dag-nag-ewening op pad kan Amateurs goeie DX openinge op die 10 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

31 Maart - sluitingsdatum vir registrasie vir die SARL-toekenningsdinee.
01 April - die sluitingsdatum vir BHF/UHF Logstate.
04 April - die SARL 80 m QSO Geselligheid.
5 April - sluitingsdatum vir registrasie vir die SARL Ontsluit Amateur Radio Tegnologie Simposium.
06 April - die RaDAR Uitdaging en die Pretoriase ARK Snuffelmark.
6 en 7 April - die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie.
12 April - die SARL Ontsluit Amateur Radio Tegnologie Simposium en die sluitingsdatum vir 80 m QSO Geselligheid logstate.
13 April - die SARL AJV en Toekenningsdinee.
15 April - die sluitingsdatum vir RaDAR logstate.
18 April - Wêreld Amateur Radio Dag
20 April - die Herfs QRP kompetisie en die ZS4SRK Ballon kompetisie.
21 April - die ZS4 Naelloop en die Mei RAE Registrasie sluit.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die eerste been van die SARL 80 m QSO-geselligheid party vind plaas op Donderdag 4 April 2019 vanaf 17:00 tot 20:00 UTC met foon aktiwiteit tussen 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz. Let asseblief daarop dat die segment 3 651 tot 3 699.99 kHz kompetisie-vry is. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag en jou naam. Logstate in MS Excel-formaat ALEEN moet teen 11 April 2019 per e-pos aan louis.zs5lp@gmail.com ingedien word. Let asseblief daarop dat die e-posadres in die Blouboek verkeerd is. Die logstaat is beskikbaar op die Contest bladsy op die Liga-webblad.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003